L'Art poetique

Ingrid Jonker

Om myself weg te bêre soos 'n geheim
in 'n slaap van lammers en van steggies
Om myself te bêre
in die saluut van 'n groot skip
Weg te bêre
in die geweld van 'n eenvoudige herinnering
in jou verdrinkte hande
om myself weg te bêre in my woord





Last updated January 14, 2019